Erweiterte
Suche ›

Rykie: 'n lewe met woorde

Tafelberg,
E-Book ( EPUB mit Adobe DRM )
In Ihrem Land nicht verfügbar

Kurzbeschreibung

In 'n tyd toe die meeste vroue of onderwyseres of verpleegster geword het, het Rykie van Reenen vir haar 'n loopbaan oopgeskryf in die joernalistiek. Sy het Suid-Afrika se eerste vroulike oorlogskorrespondent geword toe sy die Jom Kippoer-oorlog in Israel gaan dek het.In die 1960's het sy naam gemaak as rubriekskrywer vir "e;Van alle kante"e; in Die Burger en in die 1970's vir "e;Op die randakker"e; in Rapport. Die rubrieke was so gewild dat dit as 'n sirkulasiebouer by Rapport beskou is en later ook gebundel is.Van Reenen se fyn waarnemingsvermoe, wydbelesenheid en kreatiewe taalgebruik het haar in 'n klas van haar eie geplaas. Sy het geskryf oor kerksake, die politiek van die dag en het onderhoude gevoer met van Hendrik Verwoerd tot Steve Biko. Van Reenen word beskou in dieselfde liga as Piet Cillie en Schalk Pienaar en het 'n groot rol gespeel in die professionalisering van vroue-joernaliste.Twee boeke het uit haar pen verskyn: Emily Hobhouse: Boer War Letters (1984) en Emily Hobhouse: Heldin uit die Vreemde (1970).

Details

Titel: Rykie: 'n lewe met woorde
Autoren/Herausgeber: Lizette Rabe

ISBN/EAN: 9780624054016

Seitenzahl: 432
Produktform: E-Book
Sprache: Afrikaans

buchhandel.de - Newsletter
Möchten Sie sich für den Newsletter anmelden?


Bitte geben Sie eine gültige E-Mail-Adresse ein.
Lieber nicht